SKRYWER

 

 

 

dawie1.jpg

Dawie Louw gaan skool in Benoni en studeer by Tukkies. Daarna beklee hy vele rolle, onder andere in die onderwys, IT en die sakewęreld. Sy stokperdjies is die ontwerp van meubels en die skryf van kortverhale.

Hy woon oraloor, maar is op sy gelukkigste in die Waterberg, die Karoo en die woestyn. Tans woon hy in die Suid-Kaap, in ’n eenkant-węreld waar die Klein Karoo die Langkloof ontmoet.

Meer as 100 van sy kortverhale verskyn in tydskrifte en Naledi publiseer sy debuutroman, eMajuba, in 2015. Luister hier na ’n radio-onderhoud oor die roman. Die Medusa-Kode, ook deur Naledi, verskyn in 2019.

Spookeffek, die eerste van ’n trilogie jeugverhale, word in November 2018 met die Maskew Millar Longman literęre toekenning bekroon en word vroeg 2019 deur Pearson uitgegee.