Perseus en die geluksgodin

 

 

 

 

Perseus, knor Perseus in sy satellietfoon.

 

The meeting went well, s Gustaf. Anika will come on board.

 

For her sake, she beter come on board, grom die projekleier verder. As well as for your sake, Gustaf.

 

Hy lui summier af en staar ingedagte na die foon in sy hand. Na die apparaat wat hom in kontak forseer met n wreld wat hy glad nie verstaan nie: die verraderlik virtuele ruimte wat hy eintlik nie wl verstaan nie.

 

Want die internet en die res van die binre wreld is besig om tradisionele krygshere soos hy, te ontmagtig. Erger, dit skep n ruimte waar die trotse en bekwame krygshere van gister bespotlik lyk.

 

Daar is egter weinig wat hy daaraan kan doen. Die kuber is die teater waar oorlo voortaan gevoer word, so eenvoudig soos dit. En hoe verdedig jy jouself teen n vyand wat nou heel anders as voorheen lyk?

 

Teen daardie lafhartige siele wat iewers in gemakstoele by rekenaars sit en die een offensief na n ander teen weerloses loods?

 

Erger, hoe verdedig jy jouself teen robotte? Goed wat 24/7 aan die gang bly met geen begrip vir verskynsels soos uitputting en vrees nie?

 

Maar dis nie nou die tyd om homself, oudstryder soos hy is, jammer te kry nie. Nee, hy is steeds n krygsheer en sy opdrag is duidelik: Medusa se kop moet rol, uit en gedaan.

 

En vir n beter kop, kon hy nie voor gevra het nie. Dis asof sy hele loopbaan, eers by die militr en later by die CIA, stap vir stap na hierdie projek opgebou het.

 

Asof al die koppe wat hy in die verlede laat rol het, bloot net kepe op sy kerfstok was. Kepe ondergeskik aan die grote wat nou wag, synde die Medusa keep.

 

Wat hy egter ook weet, is dat dit geen maklike taak gaan wees nie. Alles behalwe. Want hy sal sy vyand hier op hr terrein moet aandurf.

 

Wat beteken dat hy op die hulp van kundiges sal moet leun. Kundiges soos die tegnici by Codigec; IT-kundiges wat hy van geen kant verstaan en nog minder vertrou nie.

 

Wat hom wl vertroue gee is dat die basiese beginsels van oorlog nooit sal verander nie. Offensiewe en defensiewe beginsels geld steeds, maak nie saak waar die slagveld gele is nie.

 

En dis hier waar hy, Perseus, in n liga van sy eie speel: Daardie vermo wat hy het om in die kop van sy vyand te kom. Met ander woorde, wat is dit wat die vyand motiveer?

 

In die geval van kuber-oorlogvoering, kom daar natuurlik n ekstra vraag by: wr bevind die vyand hom of haarself? Wat natuurlik enige plek op aarde kan wees.

 

En dis hier waar hy swaar op sy godgegewe intusie moes staatmaak.

 

En natuurlik ook op geluk, want hy is seker dat, wat Medusa betref, die geluksgodin aan s, Perseus, se kant was en enduit gaan wees.

 

Hy onthou die dag toe hy moedeloos na die wreldkaart gestaar en gewonder het waar hy sy soektog na Medusa moet begin?

 

Toe, heel toevallig, het die berig op n nuuskanaal oor sy rekenaarskerm geflits.

 

Dat die VSA se staatspresident, van wie hy n groot aanhanger is, besluit het om ongeruimdhede in n Afrikaland te laat ondersoek.

 

n Land wat van die hartseer van sy koloniale verlede probeer wegkom en nou onder korrupsie, grond-onteiening, staats-kaping en plaasmoorde deurloop.

 

So het hy wat Perseus is, vir die eerste keer in sy lewe rrig van n plek genaamd Suid-Afrika bewus begin raak.

 

En soos hy lees, het hy gefassineer geraak en uiteindelik besluit dat, gegewe die plek se geskiedenis, dit niks anders as n kruitvat kan wees nie.

 

Die volgende stap was om CIA dokumente oor toestande rakende staatsveiligheid in Suid-Afrika na te slaan. En wat hy gelees het, het sy mond laat oophang.

 

Die stomme plek was gelaai met rasse polarisering, kultuur verskille, gapings tussen ryk en arm en n legio ander konflikte en intriges. Wat dit in talle opsigte die mees ongelyke land ter wreld maak.

 

So, die volgende logiese afleiding wat hy moes maak was dat Suid-Afrika die ideale plek is waar n monster soos Medusa kon skuil.

 

Hy het vrder deur CIA lers gedelf, n hele paar verdagte partye in Suid-Afrika gedentifiseer en spoedig kon hy n paar lyne trek wat hom by n maatskappy genaamd Qbernet uitgebring het.

 

Sowel as by n Afrikaner-radikaal genaamd Christo wat geruime tyd reeds deur die CIA met behulp van die Valke dopgehou word.

 

En van hierdie Christo was daar n kort lyn wat getrek kon word na n briljante jong professor in IT wat haarself Anika noem.

 

Kort daarna het nog n wonderwerk sy weg langs gekom, want uit die bloute het hy via sy twee medewerkers by die Valke verneem dat Qbernet self besig was om die dienste van die einste professor Anika te probeer bekom.

 

Ja, het hy daardie dag gegrinnik, haar majesteit die geluksgodin was inderdaad besig om haar kant te bring. 

 

Maar, besef hy nou, eintlik het die geluksgodin geen keuse nie. Juis s behoort te weet dat daar een ding op pad is en dit is n nuwe wreldorde. n Wreldorde wat net op een manier tot stand kan kom en dit is met die hulp van die internet.

 

Die einste internet wat deur hierdie Medusa vernietig kan word.  Tensy hy wat Perseus is, iets aan die saak kan doen.  

 

***

 

Perseus kom orent en stap oor na die enkele skildery teen sy kantoormuur. Die skildery wat hom reeds dekades lank in sy werk inspireer.

 

Die skildery uit die tyd toe karakters uit die Griekse mitologie nog die aarde bewandel het.

 

Die skildery van sy naamgenoot Perseus wat die kop van n onthoofde Medusa triomfantlik omhoog hou.